Goeiedag Morne.

Ek wil vir jou dankie se vir jou uitstekende diens asook die opvolg oproep. Weereens wil ek om verskoning vra vir my ongeduld en dat julle nog steeds taktvol opgetree het. Dankie ook vir die voldoening aan my versoek aangaande die oorspuit van die defekte.

Dra ook my dank oor aan Van Zyl wat saam met jou alles gedoen het om my as klient tevrede te stel. Heidi verdien ook melding vir haar vriendelikheid en die manier waarop sy met kliente werk.

Ons geniet die Up! en ek is met alles wat ek tot dusver kon nagaan tevrede. Ek het julle klaar by vriende van my aanbeveel.

Nogmaals dankie. Irvin Erasmus